Pastoor wat glo verkrag voel “onveilig”

ʼn Pastoor van Limpopo wat daarvan aangekla word dat hy drie lede van sy kerk verkrag het, het Vrydag in die landdroshof in Polokwane beweer dat die polisie wil hê dat hy deur die ander gevangenes aangerand moet word.

Hy het, deur sy prokureur, versoek om van die Mankweng-polisiestasie na die aanhoudingselle by die Polokwane-polisiestasie toe verskuif moet word. Hy sê hy voel onveilig in die selle by Mankweng waar verhoorafwagtendes aangehou word. Landdros Janine Ungerer het gesê die polisie moet die besluit neem waar hulle hom wil aanhou.

Hy staar drie afsonderlike aanklagte van verkragting in die gesig. Die klagtes is onderskeidelik deur ʼn 14-jarige meisie, ʼn 18-jarige van Polokwane en ʼn 20-jarige van Seshego, noord van Polokwane, ingedien. Hy het intussen beweer dat die tiener ingewillig het om seks met hom te hê en dat die ander twee sake ʼn komplot is wat saamgesweer is deur gemeentelede wat hy glo verbied het om langer sy gemeente by te woon. ʼn Getuie vir die verdediging het Vrydag beweer dat die slagoffers suur is omdat hulle gemeentelidmaatskap gekanselleer is. Die saak duur Maandag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.