Pastoor wéér vas vir beweerde verkragting

ʼn 50-jarige pastoor wat vroeër op borgtog vrygelaat is in verband met ʼn saak van verkragting, is weer in hegtenis geneem op nog ʼn aanklagte van verkragting.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig Hangwani Mulaudzi, sê die pastoor is Dinsdag by sy huis in Seshego in hegtenis geneem nadat hy vroeër die dag op borgtog van R2 000 vrygelaat is verband met die beweerde verkragting van ʼn 14-jarige meisie. Die pastoor word nou ook aangekla van die verkragting van ʼn jong vrou. Die beweerde verkragting het glo tussen 2009 en 2010 plaasgevind. Die pastoor sal na verwagting Donderdag in die Polokwane landdroshof verskyn. Intussen het nog ʼn vrou na vore gekom wat beweer dat die pastoor haar tussen Julie en Oktober verlede jaar verkrag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.