Pastorie-moord: Twee verdagtes verskyn in hof

Martin Brits en Elliot Mhlambi tydens ‘n vorige hofverskyning.Foto: Lani Fouché, OFM

Die twee mans wat van die moord op ds. Willem Brits van Harrismith en sy aanstaande skoonseun, Gerhard Vermeulen, verdink word, het gister vlugtig in dié dorp se landdroshof verskyn.

Die saak teen ds. Brits se seun, Martin (28), en sy medebeskuldigde Elliot Mhlambi (41) is tot 17 April uitgestel vir verdere ondersoek. Martin het verlede jaar voor ʼn landdros van Fouriesburg skuldig gepleit op die aanval. Hy en Mhlambi word daarvan beskuldig dat hulle ds. Brits (60) en sy vrou Dorothea (59) op 8 November 2012 in hul pastoriehuis met ʼn byl aangeval het. Ds. Brits het die volgende oggend in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Vermeulen (25) is tydens die voorval doodgeskiet. Dorothea het erge hoofbeserings opgedoen en woon tans in ʼn tehuis vir bejaardes in die dorp.

Martin is een van die Brits-egpaar se vier aangenome kinders. Intussen moet die egpaar se dogter, Thea (24), weer op 11 Maart in die dorp se landdroshof verskyn op aanklagte van diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.