Pastorie-moorde: Broers en suster kwaad

Ds Willem Brits Foto: Facebook

Die kinders van ds. Brits wat verlede week Donderdag vermoor is, is kwaad vir hul broer, Martin.

Martin Brits (28) het Dinsdag amptelik skuld beken voor ‘n landdros op Fouriesburg. Martin word saam met Elliot Mhlambi, aangekla dat hulle ds Brits met ‘n byl vermoor het en sy aanstaande swaer, Gerhard Vermeulen, doodgeskiet het. Martin se ma, Dorothea, is ook tydens die voorval met ‘n byl aangeval. Sy is tans in ‘n kritieke toestand in die Mediclinic Bloemfontein.

Martin is Vrydag in hegtenis geneem en het Maandag saam met sy medebeskuldigde, Elliot Mhlambi, in die landdroshof in Harrismith verskyn.

‘n Familiewoordvoerder, AJ Scherrer, het gesê Martin se broers, Dawid en Willie, en suster Thea, is kwaad vir hom en sukkel om die jongste verwikkelinge te verwerk, berig OFM. Volgens Scherrer het Martin nog nie sy broers of suster na die voorval gesien nie, maar reëlings word glo getref sodat hulle hom eersdaags kan besoek.

Martin word tans in die Harrismith-gevangenis aangehou.

Ds. Willem se roudiens vind Vrydag om 11:00 in die NG Kerk Kerkenberg op Harrismith plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.