Pastorie-moorde: Dogter vas oor diefstal

Thea Brits. Foto: Facebook

Thea Brits, die dogter van die vermoorde ds. Willem Brits van Harrismith, het Woensdag in die hof verskyn op aanklag van diefstal.

Thea (24) word van diefstal aangekla nadat sy glo die aand ná haar verloofde, Gerhard Vermeulen (25) se dood, R1 000 uit sy bankrekening onttrek het. Vermeulen se familie het haar van diefstal aangekla, berig Beeld. Sy was ‘n vorige keer vir dieselfde aanklag in die hof en moet weer op 8 Februarie in die beskuldigdebank staan. Sy word ook aangekla van die rig van ‘n vuurwapen, berig OFM.

Ds. Brits (60) en sy vrou Dorothea (59) is op 8 November 2012 in hul pastoriehuis met ʼn byl aangeval. Ds. Brits het die volgende oggend in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Hul aanstaande skoonseun, Gerhard Vermeulen, is in die voorval doodgeskiet. Thea se broer, Martin (28) het voor ʼn landdros van Fouriesburg skuldig gepleit op die aanval. Sy medebeskuldigde is Elliot Mhlambi (41). Martin en Mhlambi verskyn Vrydag weer in die hof op aanklag van moord en poging tot moord.

Dorothea het erge kopbeserings opgedoen en is steeds in ʼn hospitaal in Bloemfontein.

– Sapa

Lees ook:
Harrismith-moorde: Vrou ontslaan
Pastorie-moorde: Vrou sterk aan
Pastorie-moorde: Dorothea dalk teen Vrydag wakker
Pastorie-moorde: Seun toon glo berou
Twee beskuldigdes verskyn in hof
Pastorie-moorde: Martin vra om vergifnis
Pastorie-moorde: Ds Brits vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Broers en suster kwaad
Pastorie-moorde: Seun beken skuld
Pastorie-moorde: Vermeulen vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Seun, verdagte ken mekaar glo
Pastorie-moorde: Seun gaan glo skuld erken
Pastorie-moorde: Seun was glo al vantevore in die tronk
Pastorie-moorde: Seun in hegtenis geneem
Vermoorde dominee se vrou kritiek ná aanval
Dominee van Harrismith vermoor, gesin aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.