Pastorie-moorde: Dogter weer in hof

Thea Brits. Foto: Facebook

Thea Brits, die dogter van die vermoorde ds. Willem Brits van Harrismith, sal vandag weer in die hof verskyn.

Thea (24) word van diefstal aangekla nadat sy glo ná haar verloofde, Gerhard Vermeulen (25) se dood, al die geld uit sy bankrekening onttrek het. Gerhard se familie het haar van diefstal aangekla. Sy was twee keer vantevore vir dieselfde aanklag in die hof.

Die nasionale vervolgingsgesag het vroeër gesê sy staar ook ‘n aanklag van die rig van ‘n vuurwapen in die gesig. Die besonderhede oor dié klag is egter nog duister, berig OFM.

Ds. Brits (60) en sy vrou Dorothea (59) is op 8 November 2012 in hul pastoriehuis met ʼn byl aangeval. Ds. Brits het die volgende oggend in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Gerhard is in die voorval doodgeskiet. Thea se broer, Martin (28), het voor ʼn landdros van Fouriesburg skuldig gepleit op die aanval. Sy medebeskuldigde is Elliot Mhlambi (41).

Dorothea het erge kopbeserings opgedoen en is steeds in die Life Pasteur-hospitaal in Bloemfontein.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

vasti ·

nenenene… sy sou nie toegang tot hierdie rekening gehad het as Gerhard dit nie toegelaat het nie.
nenenenene… ek glo nie sys ‘n skurk nie… enenenenene

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.