Pastorie-moorde: Dorothea dalk teen Vrydag wakker

Ds Willem Brits Foto: Facebook

Dorothea Brits, die vrou van ds. Willem Brits, wat op 8 November met ʼn byl in hul pastoriehuis in Harrismith aangeval is, sal moontlik teen Vrydag haar bewussyn herwin.

Volgens OFM sal Dorothea van vandag af geleidelik van die ventilator gespeen word. Haar verdowing word ook verminder, het Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Mediclinic Bloemfontein, gesê.

Ds. Brits het die volgende oggend aan sy beserings beswyk. Dorothea is in die Mediclinic Bloemfontein opgeneem. Hul aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen, is in die voorval doodgeskiet.

Martin Brits, die egpaar se seun het amptelik voor die landdros op Fouriesburg skuld beken vir sy aandeel in die aanval.

AJ Scherrer, ʼn familiewoordvoerder, het intussen gesê die drie kinders, Dawid, Willie en Thea, is tans by hul ma in die hospitaal en hulle sal na verwagting binnekort weer na die pastoriehuis, waar die moorde gepleeg is, terug trek.

Lees ook:
Pastorie-moorde: Seun toon glo berou
Twee beskuldigdes verskyn in hof
Pastorie-moorde: Martin vra om vergifnis
Pastorie-moorde: Ds Brits vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Broers en suster kwaad
Pastorie-moorde: Seun beken skuld
Pastorie-moorde: Vermeulen vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Seun, verdagte ken mekaar glo
Pastorie-moorde: Seun gaan glo skuld erken
Pastorie-moorde: Seun was glo al vantevore in die tronk
Pastorie-moorde: Seun in hegtenis geneem
Vermoorde dominee se vrou kritiek ná aanval
Dominee van Harrismith vermoor, gesin aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.