Pastorie-moorde: Ds. Brits vandag ter ruste gelê

Ds Willem Brits Foto: Facebook

Ds. Willem Brits van Harrismith se roudiens vind Vrydag uit die NG Gemeente Kerkenberg plaas.

Ds. Brits en sy aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen, is verlede week Donderdag in die pastorie vermoor. Ds. Brits se vrou, Dorothea, is in ʼn kritieke toestand in die Mediclinic Bloemfontein na dié wreedaardige aanval.

Ds. AJ Scherrer, ʼn vriend van die familie, neem die roudiens waar. Scherrer het aan OFM gesê dit gaan ʼn onaangename taak wees. ʼn Roudiens is Donderdag vir Vermeulen gehou.

Die egpaar se aangenome seun, Martin, is verlede week in verband met die aanval in hegtenis geneem. Hy het Dinsdag voor die landdros op Fouriesburg ʼn amptelike skuldbekentenis afgelê. Scherrer sê Martin se suter Thea en broers, Dawid en Willie, is kwaad vir hom, maar is bereid om die pad van vergifnis te stap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.