Pastorie-moorde: Ma wil seun in tronk besoek

Dorothea Brits. Foto: Facebook

Dorothea Brits, die vrou van die vermoorde ds. Willem Brits van Harrismith, is uit die hospitaal nadat sy tydens die voorval in November erg beseer is.

Ds. Brits (60) en sy vrou Dorothea (59) is op 8 November 2012 in hul pastoriehuis met ʼn byl aangeval. Ds. Brits het die volgende oggend in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Hul dogter, Thea (24), se verloofde, Gerhard Vermeulen (25), is tydens die voorval doodgeskiet. Dorothea het erge kopbeserings opgedoen en was tot onlangs in die Life Pasteur-hospitaal in Bloemfontein. Die egpaar se seun, Martin (28), het voor ʼn landdros van Fouriesburg skuldig gepleit op die aanval. Sy medebeskuldigde is Elliot Mhlambi (41). Thea word van diefstal aangekla nadat sy glo ná Vermeulen se dood al die geld uit sy rekening getrek het. Sy word ook aangekla vir die rig van ʼn vuurwapen en moet weer op 11 Maart in die Harrismith-landdroshof verskyn.

OFM berig Dorothea is terug in Harrismith en wil graag haar seun in die plaaslike tronk besoek, maar die geleentheid het hom nog nie voorgedoen nie. Dorothea bly nou in die Eliza Liddell-tehuis vir bejaardes. Volgens OFM kuier Thea gereeld by haar ma.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trudie ·

Hoe kan Thea nog vry rondloop?? Sy hoort saam haar broer in die tronk!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.