Pastorie-moorde: Martin vra om vergifnis

Martin Brits en Elliot Mhlambi Foto: Lani Fouché, OFM

Martin Brits, wat Dinsdag glo ‘n skuldbekentenis afgelê het vir die moord op sy pa en aanstaande swaer, het ‘n brief uit die tronk geskryf waarin hy om vergifnis vir sy dade vra.

Ds. Willem Brits, wat verlede week Donderdag met ‘n byl in sy huis aangeval is, het die Vrydagoggend aan sy beserings beswyk. Sy roudiens het gister uit die NG-kerk Kerkenberg gehou. Martin se ma, Dorothea, is ook tydens die voorval met ‘n byl aangeval; sy is tans in ‘n kritieke toestand in die Mediclinic Bloemfontein. Gerhardus Vermeulen, die egpaar se aanstaande skoonseun, is tydens die voorval doodgeskiet.

Martin, wat tans in aanhouding is, het ‘n brief uit die tronk geskryf en erken dat hy die skuldbekentenis gemaak het, berig OFM. Hy vra sy broers, Willie en Dawid, en suster, Thea, die gemeenskap en vir God om vergifnis. Ds. Brits se mede-leraar en vriend van die familie, ds. AJ Scherrer, het die brief tydens die roudiens voorgelees. Scherrer het vroeër gesê Martin se broers en suster is kwaad vir hom, maar is bereid om hom te ondersteun en vergewe. Al vier kinders is deur die egpaar aangeneem.

Martin Brits en sy mede-beskudigde, Elliot Mhlambi, se hofsaak duur voort.

Lees ook:
Pastorie-moorde: Ds Brits vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Broers en suster kwaad
Pastorie-moorde: Seun beken skuld
Pastorie-moorde: Vermeulen vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Seun, verdagte ken mekaar glo
Pastorie-moorde: Seun gaan glo skuld erken
Pastorie-moorde: Seun was glo al vantevore in die tronk
Pastorie-moorde: Seun in hegtenis geneem
Vermoorde dominee se vrou kritiek ná aanval
Dominee van Harrismith vermoor, gesin aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.