Pastorie-moorde: Saak weer uitgestel

Martin Brits en Elliot Mhlambi tydens ‘n vorige hofverskyning.Foto: Lani Fouché, OFM

Die twee mans wat van die moord op ds. Willem Brits van Harrismith en sy aanstaande skoonseun, Gerhard Vermeulen, verdink word, het Woensdag weer vlugtig in dié dorp se landdroshof verskyn.

Die saak teen ds. Brits se seun, Martin (28), en sy medebeskuldigde Elliot Mhlambi (41) is tot 25 Junie uitgestel wanneer daar op ʼn verhoordatum besluit gaan word.

Phaladi Shuping, die woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Vrystaat, het gesê die direkteur van openbare vervolging sal bepaal in watter hof die verhoor gaan plaasvind.

Martin het verlede jaar voor ʼn landdros van Fouriesburg skuldig gepleit op die aanval. Hy en Mhlambi word daarvan beskuldig dat hulle ds. Brits (60) en sy vrou Dorothea (59) op 8 November 2012 in hul pastoriehuis met ʼn byl aangeval het. Ds. Brits het die volgende oggend in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Vermeulen (25) is tydens die voorval doodgeskiet. Dorothea het erge hoofbeserings opgedoen en woon tans in ʼn tehuis vir bejaardes in die dorp.

Lees ook:
Pastorie-dogter vrygespreek
Pastorie-moord: Twee verdagtes verskyn in hof
Pastorie-moord: Twee verdagtes weer in hof
Pastorie-moorde: Ma wil seun in tronk besoek
Pastorie-moorde: Dogter weer in hof
Pastorie-moorde: Dogter vas oor diefstal
Harrismith-moorde: Vrou ontslaan
Pastorie-moorde: Vrou sterk aan
Pastorie-moorde: Dorothea dalk teen Vrydag wakker
Pastorie-moorde: Seun toon glo berou
Twee beskuldigdes verskyn in hof
Pastorie-moorde: Martin vra om vergifnis
Pastorie-moorde: Ds Brits vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Broers en suster kwaad
Pastorie-moorde: Seun beken skuld
Pastorie-moorde: Vermeulen vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Seun, verdagte ken mekaar glo
Pastorie-moorde: Seun gaan glo skuld erken
Pastorie-moorde: Seun was glo al vantevore in die tronk
Pastorie-moorde: Seun in hegtenis geneem
Vermoorde dominee se vrou kritiek ná aanval
Dominee van Harrismith vermoor, gesin aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.