Pastorie-moorde: Seun beken skuld

Ds Willem Brits Foto: Facebook

Martin Brits (28) het voor ʼn landdros van Fouriesburg skuld erken op die moord van sy pa, ds. Willem Brits.

Martin en Elliot Mhlambi (41) staan tans tereg op aanklag dat hulle ds. Willem Brits (60) en Gerhard Vermeulen (25) vermoor het. Martin het Dinsdag glo ʼn bekentenis voor ʼn landdros op Fouriesburg afgelê, berig Volksblad.

Ds. Brits en sy vrou, Dorothea, is op 8 November met ʼn byl in hul huis aangeval. Ds. Brits het die Vrydagoggend aan sy beserings beswyk. Vermeulen, hul aanstaande skoonseun, is tydens die aanval doodgeskiet.

Die mans se saak is tot 19 November uitgestel.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Mediclinic Bloemfontein, sê Dorothea is steeds in ʼn kritieke toestand.

Martin en Mhlambi het vroeër saam tronkstraf in Frankfort uitgedien. Mhlambi was van vragmotorkaping aangekla en Brits, wat verlede jaar op parool vrygelaat is, van diefstal. Die twee het glo gereeld saam gesels en eredienste bygewoon.

’n Roudiens word Donderdag om 15:00 vir Vermeulen in die APK op Harrismith gehou en Vrydag om 11:00 vir ds. Brits in die NG-kerk Kerkenberg op Harrismith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.