Pastorie-moorde: Seun in hegtenis geneem

Ds Willem Brits Foto: Facebook

Martin Brits (28) die seun van ds. Willem en Dorothea Brits wat Donderdagaand aangeval is, is Vrydagaand in hegtenis geneem.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat Martin ná intense ondervraging in hegtenis geneem is. Ds. Brits (60), is Donderdagaand met ‘n byl aangeval en geskiet en het Vrydagoggend aan sy beserings beswyk. Sy vrou, Dorothea (59) is ook met ‘n byl aangeval, en is tans in ‘n kritieke, maar stabiele toestand in die Mediclinic in Bloemfontein.

Ds. Brits se aanstaande skoonseun, Gerhard Vermeulen (25) is in die aanval doodgeskiet.

‘n 30-jarige man van Kwaggafontein in Mpumalanga is kort ná die aanval langs die N3-deurpad vasgetrek. Daar was bloed op sy klere en vyf selfone is in sy besit gevind, waarvan een aan ds. Brits behoort het. Dorothea se vuurwapen is ook in sy besit gevind.

Volgens Mophiring het hulle nog nie ‘n motief vir die aanval nie, maar hy is vol vertroue dat die waarheid binnekort aan die lig sal kom.

Ds. Brits was die leraar van die NG Kerk Kerkenberg.

Lees ook:
Dominee van Harrismith vermoor, gesin aangeval
Vermoorde dominee se vrou kritiek ná aanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louise ·

Wys vir ons ‘n foto dat ons kan sien hoe lyk ‘n patetiese vader/moeder moordenaar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.