Pastorie-moorde: Seun toon glo berou

Martin Brits en Elliot Mhlambi Foto: Lani Fouché, OFM

Martin Brits het in ʼn pleitgebed om vergifnis gevra ná die grumoorde op 8 November in die pastorie in Harrismith, sê ʼn pastoor wat hom in die tronk besoek het.

Pastoor Gert Victor het Brits (28) ure voor ds. Willem Brits se roudiens besoek, berig Beeld. “Hy het die heeltyd gesê hy is jammer, en berou betoon. Hy voel veral skuldig teenoor sy twee broers [Willie en Dawid] en sy suster [Thea],’ het Victor gesê.

Ds. Willem Brits en sy vrou, Dorothea is op 8 November met ʼn byl in hul pastoriehuis aangeval. Ds. Brits het die volgende oggend in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Dorothea is steeds in ʼn kritieke toestand in Mediclinic Bloemfontein. Die egpaar se aanstaande skoonseun is in die aanval doodgeskiet.

Victor sê hy het Brits die geleendheid gebied om te bid. “Hy het het ʼn kort en kragtige gebed gedoen. Hy het God om vergifnis gevra en gesê hy besef hy het ʼn baie dom ding gedoen.” Brits het ook na die welstand van sy ander gesinslede uitgevra, insluitend sy ma, Dorothea.

Brits en sy mede-beskuldigde, Elliot Mhlambi (41), het reeds vlugtig in die landdroshof in Harrismith verskyn. Corné Marais, Brits se prokureur, het aan Beeld gesê die media-aandag “vang” Brits, omdat hy weet dit plaas ekstra druk op die gesin.

Brits het verlede week voor ʼn landdros op Fouriesburg amptelik skuld beken.

-SAPA

Lees ook:
Twee beskuldigdes verskyn in hof
Pastorie-moorde: Martin vra om vergifnis
Pastorie-moorde: Ds Brits vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Broers en suster kwaad
Pastorie-moorde: Seun beken skuld
Pastorie-moorde: Vermeulen vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Seun, verdagte ken mekaar glo
Pastorie-moorde: Seun gaan glo skuld erken
Pastorie-moorde: Seun was glo al vantevore in die tronk
Pastorie-moorde: Seun in hegtenis geneem
Vermoorde dominee se vrou kritiek ná aanval
Dominee van Harrismith vermoor, gesin aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.