Pastorie-moorde: Twee beskuldigdes verskyn in hof

Martin Brits en Elliot Mhlambi Foto: Lani Fouché, OFM

Martin Brits en Elliot Mhlambi het Maandag in verband met die moord op ds. Willem Brits in die hof verskyn.

Brits (28), die aangenome seun van ds. Brits, en Mhlambi het vlugtig verskyn voor die saak tot 12 Desember uitgestel is.

Die twee word beskuldig van die moord op ds. Brits (60), wat vroeër die maand in sy pastorie in Harrismith met ʼn byl aangeval is. Hy het die oggend ná die aanval aan sy beserings beswyk. Ds. Brits se aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen, is tydens die voorval doodgeskiet. Martin se ma, Dorothea (59), is ook met ʼn byl aangeval. Sy is in ʼn kritieke toestand in die Mediclinic Bloemfontein.

Beide mans het verlede jaar tronkstraf in Frankfort uitgedien.

Lees ook:
Pastorie-moorde: Martin vra om vergifnis
Pastorie-moorde: Ds Brits vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Broers en suster kwaad
Pastorie-moorde: Seun beken skuld
Pastorie-moorde: Vermeulen vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Seun, verdagte ken mekaar glo
Pastorie-moorde: Seun gaan glo skuld erken
Pastorie-moorde: Seun was glo al vantevore in die tronk
Pastorie-moorde: Seun in hegtenis geneem
Vermoorde dominee se vrou kritiek ná aanval
Dominee van Harrismith vermoor, gesin aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.