Pastorie-moorde: Vrou steeds kritiek in hospitaal

Ds. Willem Brits Foto: Facebook

Dorothea Brits, die vrou van vermoorde ds. Willem Brits van Harrismith, is steeds in ‘n kritieke toestand in die Mediclinic Bloemfontein.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die hospitaal, het gesê sy sal eerskomende Maandag weer ‘n breinskandering ondergaan, berig OFM. Dokters sal, sodra hulle dié uitslag ontvang, haar moontlik van die ventilator begin speen en die verdowing geleidelik verminder. Dorothea het ernstige kopbeserings opgedoen toe sy, ds. Brits en hul aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen, Donderdag in hul pastoriehuis aangeval is. Dorothea en haar man is met ‘n byl aangeval en Vermeulen is doodgeskiet. Ds. Brits het Vrydagoggend in Mediclinic Hoogland op Bethlehem aan sy beserings beswyk.

Vermeulen se roudiens vind Donderdagmiddag op Harrismith plaas en ds. Willem word Vrydag uit die NG-kerk Kerkenberg begrawe.

Die egpaar se aangenome seun, Martin Brits, is in hegtenis geneem vir sy beweerde aandeel in die moorde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.