Pastorie-moorde: Vrou sterk aan

Dorothea Brits. Foto: Facebook

Dorothea Brits sterk aan in die Mediclinic Bloemfontein ná ‘n aanval in hul pastoriehuis in Harrismith op 8 November.

Brits, die vrou van die vermoorde ds. Willem Brits, het kritieke beserings opgedoen toe sy en haar man met ‘n byl aangeval is. Sy haal weer self asem nadat sy van die ventilator gespeen is, berig OFM.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die hospitaal, sê dit gaan by die dag beter met haar. Dr. Petrus Stone, Brits se neurochirurg, het bevestig dat sy toepaslik reageer op bewegingsbevele van haar ledemate. Volgens Appelgryn is sy steeds in die hoësorgeenheid, maar kan sy dalk binne die volgende twee weke na ‘n rehabilitasiesentrum oorgeplaas word.

Die egpaar is in hul huis met ‘n byl aangeval. Ds. Brits het die volgende oggend in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Hul aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen, is in die voorval doodgeskiet.

Hul seun, Martin, en ‘n medebeskuldigde, Elliot Mhlambi, is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hul verhoor begin in Desember.

Lees ook:
Pastorie-moorde: Dorothea dalk teen Vrydag wakker
Pastorie-moorde: Seun toon glo berou
Twee beskuldigdes verskyn in hof
Pastorie-moorde: Martin vra om vergifnis
Pastorie-moorde: Ds Brits vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Broers en suster kwaad
Pastorie-moorde: Seun beken skuld
Pastorie-moorde: Vermeulen vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Seun, verdagte ken mekaar glo
Pastorie-moorde: Seun gaan glo skuld erken
Pastorie-moorde: Seun was glo al vantevore in die tronk
Pastorie-moorde: Seun in hegtenis geneem
Vermoorde dominee se vrou kritiek ná aanval
Dominee van Harrismith vermoor, gesin aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.