Paul McCartney steeds die rykste musikant

Paul McCartney

Paul McCartney is steeds Engeland se rykste musikant volgens die Sunday Times se lys van rykstes.

Die koerant het Donderdag beraam dat dié voormalige Beatles-musikant ‘n fortuin van sowat ₤680 miljoen (ongeveer R9 triljoen) met sy derde vrou, Nancy Shevell, deel. Shevell se familie besit ‘n vragmotormaatskappy in Amerika.

McCartney is, sedert die lys in 1989 vir die eerste keer saamgestel is, telkens die rykste musikant. Komponis Andrew Lloyd Webber is tweede met ‘n geraamde fortuin van ₤620 miljoen. Met sowat ₤30 miljoen is Adele die rykste musikant van haar eweknieë onder 30. Die volledige lys sal Sondag gepubliseer word.

Die algemene lys van rykstes, ‘n geloofwaardige lys wat saamgestel word uit openbare dokumente van eiendom, bates en aandele, word op 21 April vrygestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.