Die lughawe in Port Elizabeth is Sondag gesluit weens gure weer.
Alle inkomende en uitgaande vlugte, buiten een vlug wat vanaand om 21:20 op die lughawe sal land, is gekanselleer, het ‘n woordvoerder van die lughawe aan Maroela Media bevestig. Dit is moontlik dat hierdie vlug ook gekanselleer gaan word. Nat en winderige toestande en digte mis maak dit moelik vir die vlugte om te land of op te styg.
Vlugte is onderskeidelik na Oos-Londen, George en Kaapstad verwys.
‘n Woordvoerder by Port Elizabeth se weerdiens het aan Maroela Media bevestig dat hulle verwag dat die digte wolke deur die aand sal opklaar, en vlugte sal moontlik môre hervat word.