Ses mense is Sondagoggend dood en 11 beseer na ʼn ongeluk op die N2 sowat 30 km suid van Port Elizabeth.
“ʼn Taxi het omstreeks 05:20 in ʼn paal vasgery,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, in ʼn verklaring gesê. “Die oorsaak van die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.”
“Van die beseerdes was steeds in die wrak vasgekeer,” het Botha gesê. Ses mense was reeds dood en drie mense het kritieke beserings opgedoen. Agt mense het ernstige beserings opgedoen.
Paramedici het die beseerdes op die toneel gestabiliseer voordat hulle na verskeie hospitale in die omgewing geneem is.
Maar net weer ‘n taxi!!