PE-swemmer dood aangetref

Boardwalk Rescuer, een van die vaartuie wat deur die NSRI gebruik is om die man te soek Foto: NSRI

Boardwalk Rescuer, een van die vaartuie wat deur die NSRI gebruik is om die man te soek Foto: NSRI

Die liggaam van ‘n man, wat in Port Elizabeth as vermis aangemeld is, is Sondag opgespoor.

“Die 28-jarige man is Saterdag laas in die see tussen Kings Beach en die hawe gesien,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê. “Sy vriende beweer hy het gaan mossels uithaal.”

Volgens Lambinon het die polisie se skubaduikeenheid die man se liggaam onder die water opgespoor. “Die liggaam is aan die sorg van die forensiese patologie-diens oorhandig.” ‘n Geregtelike doodsondersoek is gelas.

Lees ook:
PE-man word in die see vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.