PE-winkelsentrum se dak tuimel in

Foto: @Gary_Blom/Twitter

ʼn Groot gedeelte van die dak van die Shoprite-winkelsentrum in Greenacres in Port Elizabeth het ineengestort.

Die SAUK het Sondag berig die winkel se brandbestrydingstoerusting het in die vroeë oggendure foutiewelik afgegaan en veroorsaak dat ʼn gedeelte van sowat 70m x 20m van die dak onder die druk van die water ingegee het.

Stanley Jarvin, ʼn polisiewoordvoerder, het aan die SAUK gesê niemand is in die voorval beseer nie. “Die winkel is gesluit,” het Jarvin gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.