Pedofiel na Weskoppies verwys

Michiel Meintjies

Michiel Meintjies, ʼn 48-jarige pedofiel van Danville in Pretoria wat tien jaar gelede onbepaald tronk toe gestuur is nadat hy ses jong seuns gemolesteer het, is Dinsdag na Weskoppies verwys vir psigiatriese waarneming.

Regter Aubrey Ledwaba het in die Pretoriase hooggeregshof beveel dat Meintjies vir 30 dae lank by die hospitaal in Pretoria opgeneem moet om te bepaal of hy steeds ʼn gevaar vir die samelewing is.

Meintjies sal weer volgende maand in die hof verskyn wanneer sy vonnis heroorweeg sal word.

Regter Ronnie Bosielo het in Augustus 2003 verklaar dat Meintjies ʼn gevaar vir die samelewing is, veral vir jong kinders, en hy is tot onbepaalde tronkstraf gevonnis. Hy het verder bevind dat Meintjies oor tien jaar weer in die hof moet verskyn vir verdere psigiatriese waarneming waarna sy vonnis heroorweeg kan word.

Tydens sy vonnisoplegging tien jaar gelede moes Meintjies bedwing word nadat hy homself met ʼn middel wou inspuit wat hy in die hof ingesmokkel het. Hy het ook sy humeur verloor nadat hy gevonnis is en begin vloek en boeke rondgegooi. Hy moes later die dag behandeling kry nadat hy homself met ʼn skeermeslemmetjie in die hof se aanhoudingselle gesny het.

Sy destydse hofverskynings was gekenmerk deur bisarre voorvalle. Hy het tydens een verskyning in die landdroshof homself bevredig en semen na mense gegooi. Hy het by twee geleenthede half-naak by die hooggeregshof opgedaag en moes eenkeer uit die hof gedra word omdat hy te bedwelm was om regop te staan.

Daar was egter vandeesweek geen oproerige optredes toe hy in die hof verskyn het nie.

Bosielo het in 2005 Meintjies se versoek om appèl teengestaan nadat hy skuldig bevind is op 13 aanklagte dat hy jongs seuns gesodomiseer het, hulle aan pornografie blootgestel het en kinderpornografie besit en vervaardig het.

Meintjies is destyds as ʼn gevaarlike pedofiel bestempel wat aan dwelms verslaaf was, ‘n psigopatiese persoonlikheid het en wat nooit weer naby kinders toegelaat moet word nie.

– SAPA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Seg Net ·

Die donnerse gemors moet nie in die gemeenskap losgelaat word nie. Hy is en bly ‘n gevaar vir jong kinders, sulke mense verander nie. Leer die howe nie. Moet nie dat die regstelsel ons weer in die steek laat nie.

Stoere Boer ·

Kan nie dink dat hulle eers oorweeg om die gemors vry te wil laat nie. Sluit toe, gooi sleutel weg en vergeet van hom

Marietjie ·

Genade!!! Wysheid!!! Hierdie man is ‘n monster en san NOOIT rehabiliteer word. Wie gaan hom terug verwelkom in die gemeenskap en wie se kind/kinders sal die prys moet betaal vir ‘n slegte regs oordeel. Leer die mense nooit.. Sommige mense is onrehabiliteerbaar. Hul kan nie genees word. En wat is sy HIV status nadat hy so lank in die tronk was. Die tronke is teelaarde van HIV/Aids. So as hy vrygelaat word en kind weer molesteer sal dit die doodstraf ook vir so ‘n kind wees

sonja ·

So n mens kan nie regkom nie. Nie eers met all die hulp wat mens hulle kan gee nie mense wat sulke siek dade pleeg moet verewig in die tronk bly rondom mense soos hulle want tussen mense soos ons sal hulle nooit inpas nie. Dit is dalk verkeerd maar ek voel partykeer sal dinge beter gaan as mense self met sulke mense te doene kan gaan en jou straf vir hulle gee maar dan weereens is ons almal nie regswetendes nie

Ekke ·

Ja dan gebeur presies dieselfde as wat met die Sondag verkragter gebeur het. Hy word vry gelaat omdat hy jong seuns mollesteeer het – wat 10 teen 1 – daartoe bygedra het dat hy gevang is. Volgende keer sal hy nie “witnesses” agter laat nie. Hoeveel kinders gaan moet sterf voor die regstelsel agterkom hulle het ‘n reuse fout begaan????????

german ·

Nog nooit in die geskiedenis van die menslike bestaan kon ‘n psigopatiese persoonlikheid of pedofilia genees of gerehabiliteer word nie. Hoekom nou tyd mors daarmee? Beskerm eerder die jonges v vandag wat more se toekoms is.

akram ·

As hy uitkom, kan ons weer met n tweede Skroewedraaier VD Merwe te doen kry. Iemand betaal vir dit en kom ons raai wie se fondse word gebruik? So n persoon sal nooit regkom nie. Word hy binne gehou, betaal ons vir hom. Laat hom uitkom en die gemeenskap jungle justice toepas. Dit sal dalk goedkoper wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.