Pedofiel se vonnis verwelkom

Johannes Kleinhans

Die veroordeelde pedofiel, Johannes Kleinhans (74), is Dinsdag tot 15 jaar tronkstraf gevonnis in die Parow-streekhof in Kaapstad.

Kleinhans is in November verlede jaar skuldig bevind op 95 aanklagte van onder meer seksuele aanranding en die besit en vervaardiging van kinderpornografie. Landros Amanda van Leeve het ook beveel dat Kleinhans se besonderhede in die nasionale register van seksoortreders kom. Kleinhans was ten tyde van sy arrestasie in 2009 ʼn prominente sakeman en direkteur en uitvoerende hoof van verskeie maatskappye. Kleinhans het drie meisies seksueel aangerand en daarna naakfoto’s van hulle geneem. Hy het glo vir twee van die meisies Christelike boeke gekoop nadat hy hulle afgeneem het. Van Leeve sê Kleinhans het ʼn huis gehuur wat hy met drank, pornografie en kondome toegerus het vir sy drie slagoffers.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het intussen die vonnis verwelkom. Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG, sê hulle hoop die slagoffers se gesinne kan nou berusting vind. “Ons is bly dat die hof saam met ons vir ʼn toepaslike straf gestem het….instede van korrektiewe toesig soos deur die verdediging versoek is. Ons weet dat die 15 jaar vonnis nooit kan terugvat wat met die slagoffers gebeur het nie, maar ons hoop dat die gesinne van die slagoffers nou berusting kan vind met die wete dat hy betaal vir wat hy aan hulle kinders gedoen het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marlene ·

Waarom word die gemors nog tronk toe gestuur die sulks behoort ‘n openbare teregstelling te ontvang. Sekmisdadigers verdien ‘n stadige pynlike dood. Bring die doodstraf terug !!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.