Pedofiel-verdagte het Christelike boeke vir sy slagoffers gekoop

Johannes Kleinhans

Johannes Kleinhans (74) van Parow, Kaapstad wat daarvan beskuldig word dat hy pornografiese foto’s van twee jong meisies geneem het, is Maandag in die streekshof in Parow verhoor.

Kleinhans, ‘n voormalige direkteur by verskeie maatskappye, het glo ná die voorval Christelike boeke vir die meisies gekoop. Hy staar 94 aanklagte in die gesig, waaronder onsedelike en seksuele aanranding op drie jong meisies, die besit van pornografiese materiaal, en die neem van pornografiese foto’s van die meisies.

Kleinhans het aanvanklik skuldig gepleit op al die aanklagte, maar het later onskuldig gepleit toe sy getuienis ter versagtende omstandighede tot ‘n ontkenning van skuld gelei het. Aanklaer Herculine Swart het hom Maandag gevra hoe hy by kinderpornografie betrokke geraak het. Kleinhans sê hy het tydens sy talle sakereise oorsee in pornografie begin belangstel, maar nooit in kinderpornografie nie. Op Swart se stelling dat dit nie “normaal” is vir ‘n man van Kleinhans se ouderdom om foto’s van kaal jong meisies te neem nie, het hy gesê: “Nee, jy is reg. Dit is afstootlik.”

Volgens Kleinhans het hy só gewalgd gevoel dat hy twee Christelike boeke vir die meisies op sy volgende oorsese reis aangeskaf het. Hy was glo van plan om die foto’s van sy rekenaar af te vee, maar dit het uiteindelik in ‘n laai beland.

Volgens Swart het Kleinhans die meisies “gereedgemaak” deur eers vir hulle kos te gee, toe klere en later geld.

Kleinhans sê die eerste keer wat hy onvanpaste foto’s van een van die meisies geneem het was toe sy oor ‘n infeksie op haar geslagsdele gekla het, en sy versoek het dat hy ‘n foto daarvan moet neem. “Ek is baie jammer oor dit wat ek gedoen het. Ek het nie meer ‘n naam of ‘n reputasie nie, die media het daarvoor gesorg. My familie skaam hulle vir my,” het Kleinhans gesê.

Sluitingsargumente sal Dinsdag gelewer word. Amanda van Leeve is die landdros.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charlotte ·

Ek raai almal aan om die engelse weergawe op News24 te gaan lees. Hy verontskuldig homself so en plaas die blaam op die meisies. Hy is absoluut walglik!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.