‘Pedofilie is sielkundig, nie krimineel,’ sê kardinaal

‘n Suid-Afrikaanse kardinaal het glo aan die BBC gesê pedofilie is ‘n sielkundige probleem, en nie ‘n kriminele toestand nie.

EWN berig kardinaal Wilfrid Fox Napier van Durban het dié omstrede uitlating Vrydag in ‘n onderhoud met die British Broadcasting Corporation (BBC) gemaak. Hy het glo aan die BBC se Stephen Nolan gesê pedofilie is ‘n sielkundige toestand, wat beteken dat oortreders nie krimineel verantwoordelik gehou kan word vir hul dade nie. Hy sê mense wat as kinders mishandel is, en dan ander mishandel, benodig sielkundige hulp, berig EWN.

Die Katolieke kerk is die afgelope paar jaar geteister deur seksskandale, maar word daarvan beskuldig dat hulle niks aan die saak doen nie.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

vasti ·

what ever….. daars baie verskonings… en ewe veel bobbejane daarbuite wat daarvoor val… what ever…. Mag ons almal saai wat ons maai…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.