Peiling vind korrupsie in skole

klaskamer-320x240Meer as 300 beweerde voorvalle van korrupsie in skole is in ʼn aanlyn-peiling aangemeld, volgens Corruption Watch.

Patience Mkosana, woordvoerder van Corruption Watch, sê die peiling is via die sosiale netwerk MXit gedoen. Volgens Mkosana het sewe uit tien respondente beweer dat skoolhoofde verantwoordelik is vir die wanbestuur van skoolgelde en -eiendom. Ses uit tien respondente sê onderwysers aanvaar gunste in ruil vir beter punte. Die peiling het ook bevind dat onderwysers dikwels eksamenvraestelle aan leerlinge verkoop. Helfte van die respondente was skoolleerlinge terwyl studente en onderwysers ook aan die peiling deelgeneem het. ʼn Groep van 3 284 mense, tussen die ouderdomme van 13 en 34, het aan die peiling deelgeneem. Die departement van onderwys was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wessel van Vuuren ·

My vrou het ook jare terug by ‘n skool naby Ogies onderwys gegee. Van die ouers het haar ook genader met beloftes van nuwe bande vir haar motor en weet nie wat nog nie as sy hulle kind se punte verhoog om deur te kom. Sy het geweier en was eintlik dom gewees. Moes dit daardie jare aanvaar het dan het ons moontlik vandag ‘n Roll’s met ‘n chafeur gehad.

H J Bester ·

Alle regdenkendes in Suid-Afrika is nou al so platgeslaan deur korrupsie, diefstal en bedrog dat mens maar net kan wonder wanneer, en of dit wel eendag sal eindig.

Dit lyk soms asof die ganse ANC-regering met boosheid geslaan is en dat hierdie boosheid besig is om tot die grootste vrotsel ooit te ontwikkel.

Jasper ·

Dan swyg ons ook maar oor die tonne kos en bestandele van voedingskemas wat in onderwysers en hoofde se kattebakke verdwyn.

Gretha ·

Om nie eers van die viktimisering van leerders te praat nie. En die regte wat hoofde en onderwysers die kinders ontneem!!!

wragtig ·

Ja en glo my maar dis net waarvan ons nou weet. Hoeveel onderwysers aanvaar nie geld en gunste nie. Nee wat daar is geen einde nie.

akram ·

Wel dit is hoe dinge gebeur, die voorbeelde wat vir die kinders gestel word, is nie nou juis die regte voorbeelde nie. Ek meen, vervalsde sertifkate, verkragting klagtes wat terug getrek word. Dit is die norm vir baie kinders. En die onderwysers, net soos die Polisie, het ook maar sy vrot kolle. Hoeveel ouers sal erken dat hulle nie omgee as hulel kind druip nie? Eerder n plan maak om te sorg dat hy deurkom. Ek wil dit waag om te se dat die meerderhed van die gevalle waar die onderwysers gunsies ontvang, daai leerling nie baie populer is by hulle maats nie. Hoekom anders moet hulle gunste gekoop word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.