Pelgrimsrus sakelui wen hofsaak

Foto: www.pilgrimsrest.com

Die hooggeregshof in Pretoria het pas ten gunste van Pelgrimsrus-sakelui beslis om te keer dat hulle uit hul persele gesit word. Die groep besigheidseienaars het Dinsdag en Woensdag ʼn dringende aansoek by die hof ingedien om hul uitsetting te verhoed.

Die departement van openbare werke in Mpumalanga het verskeie ondernemings kennisgewing gegee om teen 1 Augustus hul persele te ontruim nadat nuwe tenders vir okkupasie aanvaar is. Die geboue in die dorp behoort aan die departement. Die betrokke ondernemings moes binne 30 dae die persele verlaat.

In hierdie stadium mag die departement nie met die uitsettings voortgaan of nuwe tenders toestaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne Dippenaar ·

Mooi so! Was bekommerd oor al ons vriende daar – Johnny Reinders baie bly vir julle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.