Pendelaar sterf onder trein

‘n Man in sy dertigs is Woensdagaand deur ʼn trein doodgetrap. Volgens André Visser, ʼn woordvoerder van ER24, het die ongeluk in Glynnwood, Gauteng, plaasgevind.

“Na wat verneem word, het die man op die platform langs die trein gehardloop en wou hy op die trein spring terwyl dit beweeg het. Die man het gegly en onder die trein beland,” het Visser gesê.

Volgens Visser het die man verskeie beserings opgedoen en hy is later op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.