Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxivereniging (Santaco) in die Wes-Kaap het Donderdag gesê hy is stomgeslaan oor die moord van twee taxibestuurders.
Die vereniging sê die mans is onderskeidelik in Belville en Khayelitsha oor die afgelope paar dae doodgeskiet, berig EWN. Die verdagtes is glo pendelaars. Na bewering het ten minste een van die bestuurders geweier om die pendelaar by ʼn spesifieke punt af te laai. Mvuyisi Mente, woordvoerder van Santaco, sê hulle het reeds verskeie kere met die bestuurders vergader.
Die polisie ondersoeke beide voorvalle.