Pendoring-toekennings: Maroela se Grootste Afrikaner-veldtog vereer

Tiaan Ras, direkteur van Etiket (middel) saam met Susan Lombaard, bestuurder van Maroela Media (regs) en Suné van Heerden van Maroela Media (links)

Tiaan Ras, direkteur van Etiket (middel) saam met Susan Lombaard, bestuurder van Maroela Media (regs) en Suné van Heerden van Maroela Media (links)

Talle advertensiemaatskappye is Vrydagaand tydens ‘n galageleentheid in Kaapstad vereer met die gesogte Pendoring-toekennings en Maroela Media se Grootste Afrikaner-veldtog het dié aand ‘n silwer Pendoring ontvang.

Slegs agt goue Pendoring-toekennings vir reklame in Afrikaans is dié aand uitgeloof aan verskeie advertensieagentskappe. Draftfcb, Johannesburg, het vanjaar die prestige-toekenning ontvang vir sy radio-advertensie vir Toyota, Taai Oumas, Taai Tieners, Taai Meisies, ontvang. Daar is ook slegs 26 silwer toekennings uitgeloof, wat ‘n teken is dat die beoordeling baie streng geskied het.

Etiket Brand Design het ‘n silwer Pendoring ontvang vir sy veldtog, Die Grootste Afrikaner van Alle Tye, wat verlede jaar vir Maroela Media van stapel gestuur is. Dié veldtog het ‘n silwer Pendoring ontvang as Beste Geïntegreerde Veldtog. “Dit is ‘n groot prestasie vir só ‘n jong maatskappy soos Maroela Media om genomineer te word en boonop ‘n toekenning te ontvang,” het Tiaan Ras, een van die direkteure van Etiket, gesê.

“Ons is baie dankbaar dat die beoordelaars ons veldtog raakgesien en boonop vereer het,” sê Susan Lombaard, bestuurder van Maroela Media. “Maroela Media se hart klop Afrikaans, en dit is vir ons belangrik om seker te maak dat ons Afrikaans tot sy reg laat kom en bewys dat die taal nie hoef terug te staan vir enige ander reklame wat in die land gedoen word nie.”

Joe Public-advertensieagentskap het die aand, net soos in 2012, met die meeste toekennings weggestap. Dié agentskap het ‘n totaal van 14 finaliste in die onderskeie kategorie gehad. Klik hier om te sien wie is almal vanjaar vir toekennings genomineer.

In die kategorie, Egte Suid-Afrikaans, het Black River F.C. vir sy Athletes, Anthem, Izikhotane-veldtog vir Nando’s die Umpetha-toekenning (“kampioen” in isiZulu) ontvang.

Emo Adams was een van die kunstenaars wat die gehoor dié aand met sy pittighede vermaak het. Three Tons of Fun, Joseph Clark, Bittereinder en Lloyd Cele was van die ander kunstenaars wat opgetree het.

Twee beoordelaarspanele, twee plaaslike mede-voorsitters en 16 beoordelaars moes deur die 360 inskrywings vir die 19e Pendoring-Reklametoekennings sif om by die 79 finaliste uit te kom wat mekaar vanjaar die stryd aangesê het.

Hier is al die wenners:

TELEVISIE/ROLPRENTTEATER (met produksiebegroting bó R500 000)
SILWER

Titel: Cell C Manifesto
Agentskap: Ogilvy & Mather, Johannesburg
Adverteerder: Cell C

TELEVISIE/ROLPRENTTEATER (met produksiebegroting onder R500 000)
SILWER

Titel: Afrikaans Kom Kaap Toe
Agentskap: Draftfcb, Kaapstad
Adverteerder: Pendoring Reklametoekennings (2012)

VIDEO/ROLPRENT NIE VIR ALGEMENE/OPENBARE UITSENDING NIE
SILWER

Titel: Missie Moskou
Agentskap: Haas Advertising
Adverteerder: SARU

RADIO
GOUD

Titel: Taai Oumas, Taai Tieners, Taai Meisies (Veldtog)
Agentskap: Draftfcb, Johannesburg
Adverteerder: Toyota

SILWER
Titel: Diamante is ‘n duisend woorde werd
Agentskap: The Jupiter Drawing Room, Johannesburg
Adverteerder: Browns

SILWER
Titel: NG vs Klopse
Agentskap: Ogilvy & Mather, Johannesburg
Adverteerder: Mzansi Magic

SILWER
Titel: Vriendskap
Agentskap: M&C Saatchi Abel, Kaapstad
Adverteerder: Takealot.com

KOERANTE
GOUD
Titel: Stories, Spelling, Rose (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Bryanston Parallel Medium Pre-PrimêreSkool

TYDSKRIFTE
SILWER

Titel: Jan van Riebeeck, Nul, Klinkers (Veldtog)
Agentskap: FoxP2, Kaapstad
Adverteerder: National Geographic Kids Magazine

SILWER
Titel: Ontbyt, Koffie (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Clover

PLAKKATE
SILWER
Titel: Onweerstaanbaar
Agentskap: TBWA\Hunt\Lascaris, Johannesburg
Adverteerder: Nissan

SILWER
Titel: Satanis, Voëls, Dik Vingers, Flerries (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Ofm

SILWER
Titel: Vat Oor: Sydney, Vat Oor: Londen, Vat Oor: Tokio (Veldtog)
Agentskap: Draftfcb, Kaapstad
Adverteerder: Pendoring Reklametoekennings (2012)

BUITENSHUIS
Geen toekenning

DIGITALE & INTERAKTIEWE KOMMUNIKASIE
Geen toekenning

DIGITALE GEMENGEMEDIAVELDTOG
Geen toekenning

GEÏNTEGREERDE VELDTOG
SILWER
Titel: Grootste Afrikaner van Alle Tye
Agentskap: Etiket
Adverteerder: Maroela Media

OORSPRONKLIK AFRIKAANS
GOUD
Titel: Onweerstaanbaar
Agentskap: TBWA\Hunt\Lascaris, Johannesburg
Adverteerder: Nissan

SILWER
Titel: #DISAFRIKAANS
Agentskap: tbsp///beyond the line
Adverteerder: kykNET

SILWER
Titel: OLX Bakkie
Agentskap: Studio Zoo
Adverteerder: OLX

KLEINHANDEL
Geen toekenning

VERNUF – Animasie
SILWER
Titel: Mnr. Neus (vir Animasie)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Clover

VERNUF – Illustrasie
SILWER
Titel: The-O: Muur-Ontwerp (vir Illustrasie)
Agentskap: Baie-Lingual Concepts
Adverteerder: The-O Recording Studio

VERNUF – Illustrasie
SILWER
Titel: Vat Oor: Tokio, Vat Oor: Londen, Vat Oor: Sydney (Veldtog) (vir Illustrasie)
Agentskap: Draftfcb, Kaapstad
Adverteerder: Pendoring Reklametoekennings 2012

KOMMUNIKASIE-ONTWERP
SILWER
Titel: The-O: Korporatiewe Identiteit
Agentskap: Baie-Lingual Concepts
Adverteerder: The-O Recording Studio

LEWENDE GEBEURTENISSE & AKTIVERINGS & DIREKTE KOMMUNIKASIE
SILWER
Titel: #DISAFRIKAANS
Agentskap: tbsp///beyond the line
Adverteerder: kykNET

SILWER
Titel: Hyundai Superband
Agentskap: The Jupiter Drawing Room, Kaapstad
Adverteerder: Hyundai

EG SUID-AFRIKAANS – TELEVISIE
GOUD
Titel: Athletes, Anthem, Izikhothane (Veldtog)
Agentskap: Black River F.C.
Adverteerder: Nando’s

GOUD
Titel: Parliament
Agentskap: Black River F.C.
Adverteerder: Nando’s

SILWER
Titel: Human Spirit
Agentskap: The Jupiter Drawing Room, Johannesburg
Adverteerder: ABSA

EG SUID-AFRIKAANS – RADIO
GOUD
Titel: Skhot’ So Hard
Agentskap: Ogilvy & Mather, Johannesburg
Adverteerder: KFC

GOUD
Titel: Warranty, Elijah, Mega Mileage Bonanza (Veldtog)
Agentskap: Draftfcb, Johannesburg
Adverteerder: Toyota Automark

SILWER
Titel: Mielie Meal Anel, Rahul (Veldtog)
Agentskap: Black River F.C.
Adverteerder: Nando’s

SILWER
Titel: Project English (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: One School at a Time

EG SUID-AFRIKAANS – ALGEMEEN
GOUD
Titel: Fire Blanket Calendar
Agentskap: Draftfcb, Kaapstad
Adverteerder: Engen

SILWER
Titel: Connector Bot (Veldtog)
Agentskap: MetropolitanRepublic
Adverteerder: MTN

SILWER
Titel: The Rhino Stamp Project
Agentskap: TBWA\Hunt\Lascaris, Johannesburg
Adverteerder: Stop Rhino Poaching

SILWER
Titel: Yawn Machine
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Douwe Egberts

EG SUID-AFRIKAANS – GEÏNTEGREERDE VELDTOG
Geen toekenning

STUDENTE
STUDENTE – TRADISIONELE MEDIA

Geen toekenning

STUDENTE – DIGITALE GEMENGDEMEDIAVELDTOG
Geen toekenning

STUDENTE – VERNUF – REDAKSIONELE ONTWERP
SILWER
Titel: Fokofpolisiekar (vir Redaksionele ontwerp)
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Kaapstad
Produk/Diens: Fokofpolisiekar-groep
Student: Francois Linde

STUDENTE – VERNUF – ONTWERP
SILWER

Titel: The Unholy Trinity (vir Ontwerp)
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Kaapstad
Produk/Diens: Selfpromosie
Student: Misha le Roux

STUDENTE – GEÏNTEGREERDE VELDTOG
SILWER

Titel: Blink Stefanus Kaggelk*k
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Produk/Diens: Blink Stefanus
Student: Stephan Pretorius

SILWER
Titel: VredeFest Toffie
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Produk/Diens: VredeFest
Studente: Lanita Germishuys, Janine van der Bank, Vicki Joubert, Iske Conradie

STUDENTE – EG SUID-AFRIKAANS – ALGEMEEN
SILWER

Titel: Analysis of Space
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Kaapstad
Produk/Diens: Selfpromosie
Student: Kim Albrecht

SILWER
Titel: E-toll
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Johannesburg
Produk/Diens: Nando’s
Student: Kgosietsile Mogorosi

STUDENTE – EG SUID-AFRIKAANS – GEÏNTEGREERDE VELDTOG
SILWER

Titel: Vertrekker Vellies
Reklameskool/Tersiêre instelling: Red & Yellow School of Logic and Magic
Produk/Diens: Vertrekker Vellies
Studente: Grant Renecle, Beatrice Willoughby

PRESTIGE-TOEKENNING
Titel: Taai Oumas, Taai Tieners, Taai Meisies (Veldtog)
Kategorie: Radio
Agentskap: Draftfcb, Johannesburg
Adverteerder: Toyota

UMPETHA-TOEKENNING
Titel: Athletes, Anthem, Izikhothane (Veldtog)
Kategorie: Eg Suid-Afrikaans: Televisie
Agentskap: Black River F.C.
Adverteerder: Nando’s

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

H J Bester ·

Daar is groot dankbaarheid vir alle instansies asook indiwidue wat hulle beywer vir die voortbestaan asook uitbreiding van die Afrikaanse taal en sy gebruikers

Wessel ·

Baie geluk aan Maroela en Etiket. Maak volgende jaar weer so en bring dan Goud huistoe.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.