Penisring-onnie sê jammer

Pieter Oberholzer, oftewel die Ondernemer van die Grafsteensangers.

Pieter Oberholzer, oftewel die Ondernemer van die Grafsteensangers.

Pieter Oberholzer, die geskorste onderwyser wat leerlinge geneem het om penisringe te laat inskiet en ook bekend verwerf het as die “Ondernemer” van die Grafsteensangers, het vir sy daad om verskoning gevra, het Beeld Donderdag berig.

Oberholzer is in 2009 as hoof van drama by die Willowridge-hoërskool in Pretoria aangestel.

“Ek was dom, naïef en moes nooit toegelaat het dat die openhartige en goeie verhouding wat ek met leerlinge het so ver gaan nie,” het Oberholzer aan die dagblad gesê.

Oberholzer het gesê hy kan nie dit wat gebeur het, ongedaan maak nie, maar dat gerugte van seksuele misdrywe onregverdig is.

Hy het gesê leerlinge het sy penisring in die kleedkamer gesien ná swemafrigting en hom daaroor uitgevra.

Hy het gesê hulle moet self navorsing daaroor doen, waarna hulle aanhoudend vir hom gevra het om hulle te vat om ook sulkes te kry. Hy het uiteindelik ingestem.

Hy het die prosedure voor hulle op homself laat doen om vir hulle te wys dat dit veilig is.

Oberholzer het daarna besef hy het ʼn fout begaan en het die skoolhoof daaroor ingelig, wat dit onder die ouers se aandag gebring en om verskoning gevra het.

Hy het gesê nie een van die drie leerlinge of hul ouers het ʼn klagte teen hom ingedien nie.

Die beheerliggaam het besluit om hom af te dank nadat hy ʼn seun geneem het om ʼn tatoeëermerk te kry.

– SAPA

Lees ook:
Onnie gepos oor ringe op geslagsdeel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Demokraat ·

Hierdie is definitief nie die soort onderwyser wat ons in ons skole wil laat onderrig gee nie. Dit is as gevolg van hierdie soort permisiwiteit wat deur onvolwasse en beginsellose leerkragte by skole ingebring word, dat daar nie meer dissipline en goeie waardes bestaan nie.

Louise ·

Was dit my kind se onnie, het hy nou skuins gekyk! Ek sou ‘n saak gemaak het! Hy nie die reg om dit sonder kinders se ouers se toestmming te doen nie, en vir wat ontklee hy hom voor sy leerlinge, hoekom gaan hy nie privaat aantrek en uittrek nie. Die man is ‘n bloedrooi vraagteken!!!!
]

nic van rensburg ·

Pieter my liewe vriend, het jy nou gedink ‘n skoolkind gaan stilbly? Nou kry “drama” ook nog ‘n slegte naam. Aai hoe dom kan ‘n mens wees!

Erich Goosen ·

Gerugte doen die ronde dart Die Grafsteensangers en Metallica gaan saamsmelt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.