Pensioenaris betrap wat dagga kweek

ʼn 71-jarige vrou is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat sy glo dagga in haar tuin gekweek het.

Volgens kapt. Jackson Manatha, ʼn polisiewoordvoerder, is die vrou Sondag by haar huis in Zazulwana naby Butterworth, in hegtenis geneem. “Haar groentetuin was vol dagga, in plaas van mielies. Die dagga is verwyder. Dit het 68kg geweeg en het ʼn straatwaarde van nagenoeg R20 000,” het Manatha gesê.

Die vrou moet Maandag in die Butterworth-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.