Pensioenaris sterf in Harley-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Sondagaand dood ná ʼn ongeluk met sy Harley Davidson-motorfiets in Johannesburg.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die 66-jarige man het op die R563-pad in Oaktree gery toe hy na bewering beheer oor die motorfiets verloor het. “Sy motorfiets het ʼn sloot en verkeie bome getref voordat sy motorfiets tot stilstand gekom het,” het Jackson gesê.

“Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die polisie ondersoek die voorval.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.