Pensioenaris van Pretoria word vermis

Dawie van Vuuren (76) van Faerie Glen, Pretoria, word sedert Woensdag vermis.

Van Vuuren, ‘n pensioenaris, is Woensdag omstreeks 13:30 laas deur sy vrou gesien toe hy hul sekuriteitskompleks in Mayostraat, Faerie Glen verlaat het. Hy het ‘n rooi plastieksak by hom gehad en het ‘n liggroen kortmouhemp, groen Chino-broek, bruin skoene en ‘n goue horlosie aangehad. Hy het sy selfoon by hom gehad. Sy identiteitsdokument en beursie is by die huis.

Van Vuuren dra ook ‘n gehoorstukkie en het ‘n paar jaar gelede ‘n beroerte gehad.

Die sekuriteitswag by die kompleks het bevestig dat hy die kompleks verlaat het.

Indien iemand inligting oor hom het, word hulle versoek om met WO Nel by 082 781 0150 in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.