Pensioenaris vas oor dagga

daggaʼn 64-jarige vrou is in Limpopo in hegtenis geneem vir die verkoop van dagga.

Konst. Matimba Maluleke, woordvoerder van die polisie, sê hulle het ʼn wenk ontvang dat die bejaarde vrou van Mankweng dagga verkoop. Maluleke sê met die polisie se aankoms by die vrou se huis het sy hulle na ʼn kamer geneem waar sy vier groot sakke en twee kleiner sakke dagga gehou het. Hy sê die dagga het sowat 46kg geweeg en het ʼn straatwaarde van nagenoeg R150 000. “Die verdagte is in hegtenis geneem en sal in die Mankweng-landdroshof verskyn wanneer sy formeel aangekla is,” het Maluleke gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

dewald ·

Maak dit wettig; daar is al hoe meer wetenskaplike bewyse dat dagga minder skadelik en verslawend is as alkohol.

Jasper ·

Ek wil geensins die gemors goedpraat nie, maar 2 feite kan mens nie mis kyk nie. In lande waar die twak gewettig is, het die straatwaarde skerp afgeneem en smokkelaars en smouse het belangstelling verloor.
Tweedens is daar al bewys dat dit hoogstaande medisinale waarde het buiten nou as dit gerook word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.