Perd uit swembad gered

Die perd wat in 'n swembad geval het, word met 'n laaigraaf gered. Foto:iol.co.za

ʼn Perd wat in ʼn swembad in Hoekwil naby George in die Wes-Kaap geval het, is met ʼn laaigraaf gered.

Volgens ʼn berig op IOL het die eienaar van die perd, Petra Buse, die perd vroeg Vrydagoggend in die swembad op haar plaas ontdek. Buse het die Nasionale Dierebeskermingsvereniging om 10:30 geskakel nadat sy en haar werkers nie daarin kon slaag om die perd te red nie.

Die perd was reeds uitgeput en so swak van die koue dat verskeie pogings misluk het om dit by die trappe van die swembad uit te lei. Die swembad is leeggemaak en selfs die brandweer het aangebied om te help.

“Dit het ons nog twee ure geneem om die perd te red,” het inspekteur Salome Botha van die DBV gesê. ‘n Veearts het met die hulp van Kathryn van der Mesch, nog ‘n inspekteur van die DBV, ‘n laaigraaf omskep wat gebruik is om die perd na veiligheid te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.