Persklub se nuusmaker van die jaar vir 2013 is…

298376_10150335705731925_105155782_nDie Nasionale Persklub het Woensdagaand sy nuusmaker van die jaar vir 2013 aangekondig.

Oudpresident Nelson Mandela is as nuusmaker van die jaar vir 2013 aangekondig. Jos Charle, voorsitter van die Nasionale Persklub, sê Mandela het in 2013 die nuus oorheers in terme van impak sowel as mediadekking. “Ons herdenk nie sy dood nie maar vier sy lewe as ʼn wêreldikoon en legende sowel as sy rol as ʼn internasionale staatsman.” Mandela se dood het vir nagenoeg twee weke wêreldnuus oorheers. “Sowat ʼn uur na die aankondiging van Mandela se dood is meer as twee miljoen twiets reeds uitgestuur.” Charle sê die hashtags #RIPNelsonMandela, #Madiba en #RIPMandela was die top drie onderwerpe op die sosiale netwerk met 95 000 twiets per minuut wat in ʼn stadium uitgestuur is en meer as 13 miljoen twiets in ʼn tydperk van ʼn maand. “Lande soos Amerika en Nieu-Seeland se vlae het saam met Suid-Afrika se vlae halfstok gehang, 91 staatshoofde het Mandela se begrafnis bygewoon en nagenoeg 4 500 joernaliste van regoor die wêreld het mediadekking aan die geleentheid gegee.”

Mandela is ook voorheen as die Nasionale Persklub se nuusmaker van die jaar aangewys. President Jacob Zuma, oudpresidente FW de Klerk en Thabo Mbeki, Charlize Theron, Hansie Cronjé, Helen Zille, Eskom, Thuli Madonsela en Julius Malema het ook voorheen die eer te beurt geval. Die renoster is verlede jaar as 2012 se nuusmaker van die jaar aangewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.