Persoon brand in voertuig dood

Die foto is deur @faisalbinks op Twitter gelaai.

ʼn Persoon is Donderdag naby Potchefstroom dood nadat die voertuig waarin die persoon gery het, gerol en aan die brand geslaan het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het op die Schoemansdrift-pad, sowat 25km buite Potchefstroom, plaasgevind.

“Die voertuig was heeltemal in vlamme gehul toe paramedici en die brandweer op die toneel kom. Die brandweer het dadelik begin om die brand te blus. Die persoon in die voertuig is onherkenbaar verbrand en dit is nie bekend watter geslag of hoe oud die persoon is nie,” het Jackson gesê.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.