Pertolprys daal, dieselprys styg

Die departement van energie het aangekondig dat die prys van alle grade petrol Woensdag met 11 c per liter sal daal.

In Gauteng sal ʼn liter 95-oktaan nou R10,66 kos. Diesel se prys gaan egter styg. Diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% sal 47 c per liter meer kos terwyl diesel met ‘n swaelinhoud van 0,005% met 44 c per liter sal styg. Die prys van paraffien sal met 43 c per liter styg. Die maksimum kleinhandelprys van paraffien sal met 57 c per liter styg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.