Peter O’Toole sterf

Peter O'Toole (AP Photo/Evan Agostini, file)

Peter O’Toole (AP Photo/Evan Agostini, file)

Die bekende akteur Peter O’Toole is Saterdag in die ouderdom van 81 oorlede.

O’Toole het in Wellington-hospitaal in Londen gesterf ná ʼn lang siekbed.

Hy het veral bekendheid verwerf vir sy vertolking van die rol van TE Lawrence in Lawrence of Arabia wat in 1962 verskyn het. Hiervoor het hy ‘n Oscar-nominasie ontvang.

O’Toole het agt Oscar-nominasies ontvang, onder meer vir Goodbye Mr. Chips. Hy hou die rekord vir die meeste Oscar-nominasies sonder om een te gewen het. Hy het ʼn ere-Oscar-toekenning ontvang nadat hy dit aanvanklik van die hand gewys het. Hy het die Academy of Motion Picture Arts and Sciences versoek om die oorhandiging uit te stel totdat hy 80 jaar oud is, aangesien hy “nog steeds in die spel is, en dalk op sy eie die toekenning kan ontvang”. Toe hy uiteindelik die standbeeldjie vashou, het hy gesê: “Always a bridesmaid, never a bride, my foot.”

Hy het wel ‘n Emmy en vier Golden Globe-toekennings verower.

Klik hier om te lees wat ander bekendes oor hom te sê gehad het.

Peter O'Toole in Lawrence of Arabia

Peter O’Toole in Lawrence of Arabia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.