Peter Pan gaan regtig met sy Wendy trou

Die video volg onderaan die berig.

Die video volg onderaan die berig.

Peter Pan, die bekende karakter van ‘n seun wat nooit oud word nie en kan vlieg, en op die eiland Neverland woon, het die jawoord by sy Wendy gevra en gekry.

Die Nederlandse akteur, Sandor Sturbl, wat die hoofrol speel in die opvoering van die teaterstuk, het Saterdagaand die gehoor laat regop sit toe hy die vertoning onderbreek het, eers ouers gevra het, en toe Wendy (die aktrise Lilly-Jane Young) om haar hand gevra het.

“Peter” het die plek goed gekies – by gebrek an ‘n regte Neverland het hy Glasgow in Skotland gekies. Die oorspronklike Peter Pan is in 1902 deur die Skotse skrywer, J.M. Barrie geskep.

Peter Pan was later die hoofkarakter in die boek, Peter and Wendy, wat in 1911 die lig gesien het. Sedertdien het Peter Pan ‘n volwaardige deel van kinders se feetjiewêreld geword, onder meer in ‘n rolprent.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.