Petisie teen Belgiese “e-tol” kry gou duisende handtekeninge

‘n Ongeluk in digte verkeer in België. Foto: Denver Post

‘n Ongeluk in digte verkeer in België. Foto: Denver Post

‘n Aanlynpetisie teen die instel van ‘n proeftydperk van twee maande vir die instel van ‘n tipe e-tol in België het in minder as twee dae reeds 37 000 handtekeninge ingesamel.

Die petisie het Vrydagoggend begin, en die 37 000 handtekeninge is teen Saterdagaand reeds versamel.

Die stelsel wat as “rekeningrijden” bekend staan, word van 17 Februarie af op ‘n proefgrondslag ingestel. Verskillende tariewe per kilometer geld op verskillende paaie, en die tariewe sal buite spitstyd die helfte laer wees.

Die Belgiese owerhede hou vol dat dit nie ‘n geldmakery is nie, maar om pendelaars na openbare vervoer te kanaliseer, asook dat minder CO2Bronne: Vandaag.be, De Standaard, Knack

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Hoofnuus, Nuus, Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae