Petrolbom beseer twee

Twee mans is Vrydag beseer nadat die vragmotor waarin hulle gery het met ʼn petrolbom bestook is.

The Weekend Post berig dat ʼn groep mense, glo verbonde aan die vervoervakbond Saccawu, die vragmotor in Markman in Nelson Mandelabaai aangeval het. Een van die insittendes in die vragmotor het brandwonde opgedoen aan sy rug. Die bestuurder van die vragmotor het van die toneel probeer vlug waarna hy onder meer met pangas en spiese aangeval is. Verlede week Vrydag is ʼn vragmotor van dieselfde maatskappy ook met ʼn petrolbom aangeval. Die polisie ondersoek twee sake van poging tot moord en kwaadwillige saakbeskadiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.