Petrolbom-gooier se vonnis verminder

Shumsheer Gumman

Shumsheer Ghumman wat tot nege jaar tronkstraf gevonnis is nadat hy ʼn sakeman van Clifton in Kaapstad se huis met ʼn petrolbom gegooi het, se vonnis is na vier jaar verminder nadat hy appelleer het, het die Cape Times Donderdag berig.

Die koerant berig regter Anton Veldhuizen het Woensdag die aanklagte van bedrog en aanhitsing om moord te pleeg in die Wes-Kaapse hooggeregshof omgekeer.

Maroela Media het verlede jaar berig Ghumman is aan bekruiping skuldig bevind weens sy obsessie met ʼn vrou en dat hy ʼn petrolbom na Philip Rhind se huis in Clifton gegooi het. Ghumman, ʼn 32-jarige rekenmeester van Australië, is ook van bedrog, poging tot moord en aanhitsing tot moord skuldig bevind. Lees meer hier.

Ghumman se appèlsaak het in Junie begin.

Die Cape Times berig die ander twee aanklagte, naamlik poging tot moord en opsetlike saakbeskadiging, staan steeds.

Volgens die berig het Veldhuizen die betroubaarheid van hoorsê-verklarings van ʼn getuie tydens Ghumman se verhoor bevraagteken.

Op die aanklag van bedrog het die regter gesê die aflegging van ʼn valse verklaring is nie genoeg om iemand aan bedrog skuldig te maak nie.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.