Petroljoggie met plank doodgeslaan

ʼn Man verskyn binnekort in die Mitchells Plain-landdroshof in Kaapstad nadat hy glo ʼn petroljoggie met ʼn plank doodgeslaan het.

Lawrence Mandipazano (34) is Dinsdagoggend glo deur ʼn ontstoke motoris by die Lentegeur-vulstasie aangerand, het die Cape Argus Vrydag berig.

Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe die motoris hom vir die Mandipazano vererg omdat Mandipazano nie brandstof in sy voertuig wou gooi nie, want die vulstasie het ʼn beleid om eers geld te ontvang alvorens brandstof ingegooi kan word.

Die motoris het vir die brandstof betaal, die petroljoggie toegesnou en weggejaag. Hy het later teruggekeer en ʼn plank uit sy kattebak gehaal. Die motoris het Mandipazano glo herhaaldelik met die plank aangerand. Mandipazano het homself met ʼn waterkan probeer beskerm. Die petroljoggie is na ʼn hospitaal geneem en het Woensdagaand aan sy beserings beswyk.

Kapt. Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die 30-jarige verdagte is die aand van Mandipazano se dood in hegtenis geneem.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.