Petroljoggiestaking vir eers op ys

petrolʼn Beplande staking van petroljoggies deur die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) in die motorbedryf, is vir eers opgeskort.

“Numsa het nog nie ʼn amptelike kennisgewing van die staking aan werkgewers uitgereik nie,” het Castro Ngobese, ʼn woordvoerder van Numsa, Maandag in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het verlede week berig petroljoggies van die vakbond gaan vandeesweek staak. “Toe werkgewers van die beplande staking te hore gekom het, het hulle laat weet hulle is bereid om verder te onderhandel,” het Ngobese gesê.

Numsa sal Woensdag en Donderdag met die Vereniging van Brandstofkleinhandelaars (FRA) en die Kleinhandelmotorbedryf (RMI) verder vergader en onderhandel.

“Ons vakbond hou nie van stakings nie; ons ondersteun die proses van konstruktiewe onderhandeling,” het Ngobese gesê.

Indien die onderhandelings doodloop, sal 72 000 petroljoggies en ander werkers in die motorbedryf op 9 September begin staak.

Lees ook:
Pompjoggies staak volgende week

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willy ·

Hulle kan maar staak. Die maklikste ding is om self brandstof integooi. Nagaan van die water olie en banddruk doen ek in elk geval self.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.