Die petrolprys sal aan die begin van Januarie daal.
“Die prys van 95 oktaan petrol sal met 15c/liter daal en 93 oktaan sal met 13c/liter daal,” het Thandiwe Maimane, woordvoerder van die departement van energie, gesê. Die kos van diesel met 0.05 swaelinhoud sal met 27c/liter daal en diesel met 0.005 swaelinhoud sal met 28c/liter daal. Paraffien sal met 17c/liter daal en vloeibare petroleumgas met 9c/kg.
Dié dalings sal op 2 Januarie in werking tree.