Petrolprys haal rekordvlakke om middernag

Motoriste gaan van middernag 84c meer vir beide 93- en 95-oktaan petrol moet opdok en 78,2c vir beide grade diesel.

93-oktaan petrol in Gauteng sal nou presies R13 per liter kos, terwyl 95-oktaan petrol aan die kus R12,86 per liter sal kos.Diesel met ʼn 0,05% swawelinhoud se groothandelprys sal sowat R12,15 in Gauteng wees, en sowat R11,89 aan die kus.

Die departement van energie het ook aangekondig dat paraffien 75c per liter duurder word en LP Gas R1,29.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.