Petrolprys hoër as verwag

Die petrolprys sal aanstaande week hoër styg as wat aanvanklik daar ekonome verwag is.

Die kleinhandelprys van alle grade petrol sal Woensdag met 28c per liter styg. Ekonoom het aanvanklik verwag dat die petrolprys met 23c per liter sou styg. Die groothandelprys van diesel met 0,05% swawelinhoud sal met 10,38c per liter styg terwyl diesel met ʼn 0,005% swawelinhoud met 9,38c per liter sal styf. Die maksimumkleinhandelprys vir LPgas styg met 36c per kilogram.

Die rede vir die hoër as verwagte styging is die instelling van ʼn “slate levy” van meer as 4c per liter op petrol en diesel. Die “slate levy” is ʼn meganisme waarmee petroleumprodusente vergoed word vir langtermynwanbalanse in hul winsmarges wat opbou weens die feit dat die hoeveelheid brandstof wat elke maand verkoop word nie dieselfde is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.